"Gelukkig is die wat met deernis uitreik na mense in nood, want God sal aan hulle deernis bewys." - Matteus 5:7.
Barmhartigheid is omgee sonder voorwaardes.
Dit laat jou selde kies waar jy wil gaan.
Jy gaan waar Jesus jou bring. Waar jy dit nie sou waag nie.
Barmhartigheid is liefde in aksie in hierdie nuwe jaar.
Barmhartigheid is 'n werkwoord wat aktief doen!
Mag jy geseënd wees, buitengewoon geseënd, in waar jou barmhartigheid jou in hierdie jaar saam met die Here gaan neem.
En mag jou hart in hierdie jaar volkome op God gerig wees.
Dan sal jy geseënd en gelukkig wees. Matteus 5:8 sê so:
"Gelukkig is die wie se hart volkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien."
Elizabeth Barett Browning skryf aangrypend so daaroor:
"Die aarde is propvol hemel! Die braambos brand met God!
Net hy wat dit sien, trek sy skoene uit.
Die res sit rondom die bos en pluk brame."
Besef dat jy altyd, elke dag, op heilige grond leef, omdat jy in die teenwoordigheid van God leef!
Sien die braambos brand met God.
Kyk mooi, en jy sal vir ewig sien...
vir God sien in alles en almal!
Ernest