Die nuwe jaar sal nie probleemvry en sonder stampe en stote wees nie.
Ook nie vir kinders van die Here nie.
Matteus 5:11-12 sê: "Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is.
Wees bly, ja, jubel daaroor;
want God sal julle ryklik daarvoor beloon.
Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg."
Ons moet nie doelbewus moeilikheid soek, en dan martelaars van vervolging word nie.
Maar ons moet veral nie terugsit omdat ons bang is vir bespotting en vervolging nie.
Ons moet geen oomblik terugdeins vir dit wat die gevolge is van wat ons in die Naam van die Here doen nie!
Ons moet groot dinge van God verwag.
En juis daarom moet ons ook groot en
buitengewone God-dinge aanpak.
Dinge wat jou en die mense rondom jou uit jul gemaksone neem ter wille van die koninkryk van God.
Doen elke dag iets vir die Here God wat nie klop met die wêreld nie, maar in pas is met God se wil.
Leef jou liefde vir God. Leef jou liefde vir God se mense in die wêreld.
Leef jou liefde vir mense wat dit gladnie "verdien" nie.
God doen die onmoontlike.
As jy dit nog nie glo nie, verstaan jy nog niks!
Iemand sê oor die almag van God in jou lewe:
"If you believe the impossible,
the incredible can come true."
Hierin sal jy geseënd en gelukkig leef in die nuwe jaar.
Ernest