Dit maak nie saak wie of wat jy was nie, in Jesus word jy 'n uitstaanmens.
'n Uitstaanmens leef volgens God se wil - doen God se wil.
Jesus het ons weggeneem van wettiese mense na mense wat die wil van God uitleef.
Jesus sê self in Matteus 5:17:
"Julle moenie die rede vir My koms misverstaan nie.
Ek het nie gekom om 'n streep deur die wet of die profete te trek nie. Nee, Ek het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom."
Die wet bly God se duidelike riglyne in God se Woord om ons as uitstaanmense vir Hom te laat leef.
Jy is spesiaal vir God. Jy is bedoel om in Christus 'n uitstaanmens vir Hom te wees. Jy is anders.
Jy is God se kind. Jy doen God se wil.
God se wil lê in die riglyne van sy wet.
Jy het 'n ander storie as die wêreld. Jy het ander waardes.
"Why do you try to fit in,when you were born to stand out!?"
God se wil in sy wet, kom baie naby aan jou, persoonlik, in Christus.
In Christus is dit nie meer onpersoonlike wette nie, maar "kan nie anders nie omdat ek God liefhet", riglyne van dankbaarheid.
'n Groot advertensiebord in Florida in die VSA het gesê:
"What part of "Thou Shalt Not..." did'nt you understand?"
en dit was onderteken: "God"
'n Koerantredakteur wat hierdeur aangespreek was in sy gemoed, het hierop reageer en die hele Tien Gebooie gepubliseer in sy redakteurskolom.
'n Paar dae daarna daag 'n brief op:
"Ek wil nie meer 'n intekenaar wees nie.
Jy raak nou te persoonlik om te sê dit is hoe ons moet lewe."
Baie mense dink dit is wonderlike gedagtes, maar nie om regtig te doen nie.
Jesus kom wys self hoe om volgens God se wil te leef.
Ernest