Wie of wat bepaal jou identiteit?
Moenie net vining verder lees nie…
Dink hieroor na.
In ons tyd is nuwe Christelike identiteit dringend nodig.
Ons moet regtig relevant begin leef vir die Here.
Dit help nie om die wonderlikste dinge te glo uit die
Woord van die Here, maar dit vat nie grond in ons
daaglikse lewe saam met ander mense nie.
Ons moet saam met Jesus beweeg na waar Hy
in die “regte lewe” aanwesig is.
Die vraag waarmee Jesus ons vandag konfronteer,
word aangrypend deur Bob Goff in sy boek
“Love Does” verwoord. Hy stel by wyse van spreke
Jesus aan die woord:
“Will you take what you think defines you,
leave it behind,
and let Me define who you are instead?”
Wanneer ons as gelowiges totaal gedefinieer
word deur wie ons in Christus is,
sal ons hierdie nuwe identiteit ook naleef!
Wees eerlik daaroor.
Is jou menswees en jou nuwe identiteit
eksklusief in Christus geleë?
Streef jy met alles in jou daarna om te leef
soos Hy van jou vra?
Dan sal jy daar wees waar Hy jou elke dag wil ontplooi.
Net daar waar jy leef, leef jy dan voluit vir Hom!
“Julle is…’n gebou waarvan Christus self die hoeksteen is.”
Ef. 2:20.
Ernest