Moses het ook sy geloof by geleentheid
in ‘n neutedop saamgevat.
In Deuteronomium 32:3 sê hy :
“Ek wil die Naam van die Here roem.
Prys ons God om sy grootheid!”
Moses se lof aan God in Deut. 31:43,
begin met Moses se lof aan God
en die aangrypende woorde dat God se onderrig
soos reënwater is wat na sy mense toe kom.
Moses het ‘n moeilike roeping gehad.
Hy moes op ‘n hoë ouderdom ‘n moeilike volk
vir 40 jaar lank in die woestyn rondlei.
Hy bly egter getrou aan sy roeping.
Selfs die moeilike volk en sy moeilike uitdagings
kon hom nie weghou van lof aan God nie.
“Ek wil die Naam van die Here roem. Hy is die rots.
Hy is die getroue God, sonder onreg.
Hy is regverdig en betroubaar.”
Hoe wonderlik as van jou laaste geloof op aarde
sulke woorde insluit.
Hy getuig van God se versorging en God se
getrouheid in sy lewe.
Lof aan God is van die suiwerste geloof denkbaar!
Ernest