Genesis 5:24 sê van Henog:
“Hy het naby God geleef en toe was hy
nie meer daar nie, want God het hom na
Hom toe weggeneem.”
Henog moes ‘n besondere geloof gehad het...
Met hierdie een sinnetjie lees ons iets daarvan.
Hy het nog deur die eeue gelowiges se
verbeelding aangegryp met sy geloof.
Al het ons net hierdie skrapse verwysing daarna.
Ons tref egter ook drie verwysings na Henog
aan in die Nuwe Testament.
In Lukas 3:37, Hebreërs 11:5, en Judas verse 14-15.
Hebreërs 11:5 sit die Joodse tradisie van eeue voort
dat Henog lewend hemel toe is.
Die Hebreër skrywer vertel dat Henog se getrouheid
aan God tot gevolg gehad het dat hy nie ‘n sterfdatum
het nie.
Ons weet nie wat die voorouer van Noag alles
gedoen het nie, maar sy geloof staan uit!
Hy het inderdaad met God gewandel.
In Nuwe Testament terme, sou ons sê,
het hy in die voetspore van Jesus geloop.
En eendag is hy net weg!
Sy geloof wil sê dat hy konsekwent
saam met die Here geloop het!
Wat sou mense in ‘n neutedop van my geloof sê?
Wat sou ‘n “one liner” wees oor jou verhouding
met die Here en jou lewe saam met Hom?
Sou dit nie wonderlik kon wees as die mense
oor jou kon sê dat jy saam met die Here
gewandel het nie?
Kom ons loop van vandag af meer konsekwent
in die voetspore van Jesus!
Ernest