Die meeste van ons leef met skuld.
Ons huis, motor, rekenaar, meubels,
selfoon kontrakte,...alles op skuld.
Ons betaal oor jare baie af aan skuld en rente.
Baie mense kom nooit vry van skuld nie.
Mense wurg dikwels aan die swaarkry van skuld.

Baie godsdienste werk ook met ‘n skuldbeginsel.
Die Christelike godsdiens werk met die
beginsel van genade.
By ander godsdienste is mense lewenslank in die skuld
by hul gode. Hulle moet hul lewe lank dit afwerk.
Die gewildste manier is deur offers.
Hulle moet deurgaans die gode tevrede hou.
Hulle kan genade net van die gode af “koop”.
Maar hulle kom nooit uit die skuld nie.
Die skuld hoop net elke dag weer van voor af op.

Ongelukkig verstaan sommige Christene ook
hul verhouding met die Here só.
Hulle probeer onbetaalde skuld aan hierdie
kant van die graf afwerk.
Jesus het egter alles kom betaal wat tussen
ons en God gestaan het!
Die Ou Testamentiese offers kon dit nie betaal nie.
Ook nie die besnydenis, die tempel, of al die wette
en streng onderhouding van die Sabbat nie.

Jesus se offer aan die kruis is die enigste eenmalige
en voldoende versoening vir al ons sonde!
Hy het ons permanent skuldvry kom maak!
Kolossense beklemtoon dit:
“Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons
tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker,
het Hy dit vergoed weggeneem.” – Kol. 2:14.
Gaan leef nou met vreugde!
Leef! Skuldvry!

Ernest