Geestelike krag lyk baie anders as wêreldse krag.
God se krag werk juis die heel beste deur ons wat swak is.
Dit maak nie sin vir die wêreld nie.

Om jouself in net 140 karakters op Twitter uit te druk,
is nie maklik nie. Jaco Strydom kon die volgende sê op Twitter:
“I’d rather go to God with my brokenness than with my promises”.
2 Korintiërs 12:9 beklemtoon juis dít, wanneer die Here vir Paulus sê:
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking
wanneer jy swak is.” En dan sê Paulus daaroor:
“Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem,
sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.”
Paulus, en ons, moes leer dat ons nie die eind-verbruiker,
of ‘n persoonlike vertoonvenster van die Here se krag is nie.
Ons is net swak menslike geleiers daarvan.
Ons kort nie meer krag nie, maar meer genade!
Ons swakhede is Goddelike geleenthede.
In die kragveld van die Here gaan dit nooit oor ons
spog vertonings nie.
Handelinge 1:8 gaan oor die krag om oor Jesus te praat.
En 2 Timoteus 1:7-8 gaan oor gaan oor die krag om te
volhard op die lydenspad van Jesus.

Geestelike krag lyk anders as wêreldse krag.
Dit is volharding krag. Nederige krag. Teen onreg krag.
Selfs al sukkel ons met tekorte en gebreke,
wend God ons steeds aan in sy diens met sý krag!
Ons hoef nie eers sterk en nuttig te voel voor Hy ons
gebruik tot sý eer nie.
God het ons geskep om aan Hom vreugde te verskaf,
en hy gelei sý hemelse krag deur ons! Tot sý eer!
Gaan leef in sý krag!

Ernest