Ons voel nie deurgaans die Here se
groot krag in ons lewens nie.
Ons is eintlik maar net menslike geleiers
van God se aard-skuddende hemelse krag!
Paulus sê in 2 Kor. 4:7 óns is maar
erdekruike wat maklik breek.
Ons kry maklik seer. Ons is broos en breekbaar.
Ons struikel ook.
Baie keer is ons oor raad verleë.
Dikwels stel ons ander mense teleur.
Nogtans is die Here vol genade vir ons,
in ons swakheid.
Hy hou nooit op om Hom oor ons te ontferm nie.
Hy gebruik ons met ons swakhede en al tot sy eer!
God soek nie “sterk” mense nie,
maar beskikbare en bruikbare mense.
Ons is nie die eindverbruikers van die Here se krag nie.
Sy krag is nie eksklusief vir ons bedoel nie.
Ons moet ook nie probeer om die Here se krag
selfsugtig op onsself te rig nie.
Wanneer ons geleiers en verspreiders van God se krag is,
is ons bruikbare diensknegte van die Here.
Laat toe dat God sy hemelse krag deur jou laat vloei,
na alle mense toe!
2 Kor. 4:7: “Ons wat hierdie skat in ons het,
is maar kleipotte wat maklik breek;
die krag wat alles oortref kom dus van God,
nie van ons nie.”
Ernest