Die Here is regtig baie lief vir jou!
Dit beteken egter nie dat daar nie
swaar tye vir jou sal wees nie.
Ons dink om ‘n kind van die Here te wees
beteken dit moet goed gaan.
Die lewe het ons al geleer dit is nie so nie.
Op die mees onverwagte tye kry ons ‘n “curveball”
wat ons skoonboul! En ons voete is onder ons uit.
Dit is hoe die lewe is. Moeilike en maklike tye.
Winter en somer seisoene. Lente en herfs tussenin.
Seisoene van die lewe.
Ons voel dikwels ons staan alleen,
en weet nie wat om te doen nie.
Luister vandag na ‘n belofte van die Here!
Met Jesaja 43:1 wil God jou hand kom vat.
Dit sê die Here het jou gemaak!
Verder sê God vir jou in die vers:
Moenie bang wees nie!
Die Almagtige God sal jou red!
En dan sê die Here:
“Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”
Wow! Wat ‘n waarheid!
Dit is die belofte wat God vandag na jou toe bring!
Verder sê vers 2: “As jy deur water moet gaan,
is Ek by jou…as jy deur vuur moet gaan,
sal dit jou nie skroei nie...”
Weet dat dit God se belofte aan jou is,
ten opsigte van die moeilike tye in die lewe.
God is by jou!
Ons kan vra: Hoekom is dit so?
Hoekom sal God my beskerm?
Vers 3 gee die antwoord:
“…want Ek is die Here jou God…”
God sorg vir jou. Hy het jou lief! Baie lief!
Ernest