Ons leef regtig in ‘n wêreld wat behep is met vermaak.
En die probleem is dat selfs die kerk dit nie ontsnap nie.
In Amerika bestaan daar al ‘n term: “Spiritutainment”.
Saamgestel uit die twee woorde,
“spiritual” en “entertainment”.
Daar is niks fout met kreatiewe vermaak nie.
Ons het opbouende vermaak en humor baie nodig.
Ons kry baie nuwe insigte, wysheid en ervarings daaruit.
Ons kan egter nie godsdiens hierop bou nie.
Dan verander predikers, gospelsangers en sprekers
baie gou na “celebrities”.
Dan word aanbiddings-byeenkomste geadverteer deur
bekende name daaraan te koppel.
Dan begin mense selfs eredienste bywoon om die mens
te ervaar eerder as om die Boodskap te kry.
Dan ontstaan daar ‘n vals onderskeid tussen
“gewone” gelowiges en “belangrike” gelowiges.
En nou moet godsdiens ook vermaaklik en lekker wees.
So raak dit “spiritutainment”.
Daar is regtig mense wat so dink en praat dat
sekere Christene publieke figure is met ‘n spesiale salwing
op hulle lewe om Christen-celebrities te wees.
Mense wat selfs sê dat God hulle spesiaal aangestel het
om rolmodel vir ander mense te wees.
Mense kom terug van sekere godsdienstige byeenkomste
en praat meer oor die prediker, spreker of sanger,
as oor die boodskap van die Woord of oor God self.
Matteus 23:9 sê: “Moet niemand hier op aarde as “vader”
aanspreek nie, want Een is julle Vader:
die Vader in die hemel.”
Daarmee het Jesus sy skok uitgespreek oor sekere
godsdienstige leiersfigure se soeke na erkenning en titels.
God alleen verdien ons eer, aandag en fokus.
Jesus is die enigste Heer na Wie ons opkyk.
Alle gelowiges het die roeping om Jesus te volg,
en op te kyk na ander mense.
Vanaf vermaak tot aanbidding, is dit
God wat die eer moet kry.
Dit vra van almal kleiner ego’s,
en geen selfbeheptheid!
Ernest