Jesus, die een wat deur baie mense weggegooi is,
vir die bou van die gebou van God,
het die belangrikste steen geword!
So staan daar in 1 Petrus 2:6:
“Daarom staan daar in die Skrif:
“Kyk, Ek lê in Sion ‘n hoekklip,
uitverkies vir die ereplek.
Wie in Hom glo word nooit teleurgestel nie.”
As die Jode maar net na hul eie geskrifte geluister het.
Hierdie is al deur Jesaja 28:16 so voorspel.
Vers 8 sê in 1 Petrus2 in Die Boodskap:
“Hy is soos ‘n klip waaroor ‘n mens val en soos ‘n rots
waarteen jy vasloop en val.”
Die mense wou nie vir Jesus vir die bou van die huis
gebruik nie, vers 4, maar God het daardie steen tussen
al die ander uitgekies.
Ons moenie dieselfde fout as die mense maak,
wat Jesus as hoeksteen verwerp het nie.
Ons is ontwerp om langs Jesus in God se huis
ingebou te word.
Daarom kom Petrus met hierdie reguit raad in vers 1:
“Maak julle lewe skoon.
Raak ontslae van slegte en oneerlike dinge.
Moenie agter iemand se rug iets anders wees as wat julle
voor hom is nie. Jaloesie bring julle niks in die sak nie,
en om sleg te praat van ander nog minder.” – Die Boodskap.
Ons kan nie maar voortploeter en hoop om in lyn met
die Hoeksteen, Jesus, te wees nie.
Ernest