Soms gaan dit regtig rof met ons.
Dikwels is dit ook ons omstandighede
wat ons roeping vir die Here aanval.
Dit laat jou vra na die sin van waarmee jy besig is.
Die Bybel vertel egter ‘n ander storie.
Dit is ‘n eenvoudige boodskap met groot trefkrag!
1 Petrus 2:9:
“God het julle in die besonder vir Hom gekies.”
Lees dit weer!
Besef jy regtig wat hier staan!?
Maak nie saak wat jou omstandighede nou is nie,
en hoe min uitsig jy nou het nie, weet dit:
God het jou in die besonder vir Hom gekies!
Hoor wat sê die res van die vers:
“Julle is die mense wat Hy aangestel het,
sodat die groot Koning, God,
op ‘n besondere manier en reg gedien kan word.
God self het julle sy besondere mense gemaak”.
Die waarde van iets kom dikwels grotendeels as
gevolg van die skepper daarvan.
Goeie motors geskep deur die Duitsers,
waardevolle skilderye geteken deur Picasso,
goeie parfuum deur Chanel.
Jou waarde lê ook nie in hoe jy lyk, soos ‘n Picasso dalk...nie,
of hoe jy voel nie. Jou waarde lê in Wie jou geskep het!
God se handtekening is op jou as sy skepping!
Sy kunswerk!
God self het jou sy besondere mens gemaak!
Net een soos jy! Geen afdrukke nie!
Gaan kyk in die spieël en sien dan doelbewus die Naam op jou,
van die Een wat jou geskep het: God!
En onthou vers 9:
God het jou in die besonder vir Hom gekies!
Ernest