Skuld laat bie mense se wêreld in duie stort.
Skuld vernietig mense wat dit nie kan betaal nie.
Skuld vreet soos ‘n kanker aan jou.
Hoe wonderlik sou dit nie vir die mense wees om
te hoor al hul skuld is vereffen nie!
Baie werkers sal in die strate dans!
Mekaar om die nek gryp en omhels van vreugde.
Hulle sal vreugdeliedere sing.
Want hul swaar skuldlas waaraan hulle elke maand
met bloedsweet afbetaal is afgelos!
Die grootste skuld wat aan die mens vreet is die sondeskuld.
Die uiteinde daarvan, indien dit nie afgelos word nie,
is die ewige dood!
Hoe wonderlik om daarom in die Here se Woord te lees
dat Hy dit weggeneem het! Dit is miljoene,
ontelbare groter skuld wat afgelos is as finansiële skuld!
Ons geestelike skuld is afgelos!
Ons skuld wat ons die ewige lewe sou kos!
1 Petrus 2:24: “Jesus het aan die kruis gesterf.
Dit het Hy gedoen om die skuld uit die weg te ruim
wat julle voor God opgegaar het deur al die verkeerde
dinge wat julle gedoen het.”
Dit is die grootste nuus ooit om oor te dans,
en te jubel en te juig, van vreugde en dankbaarheid!
Ons is nie meer in die skuld by God nie!
Ons spring die dood vry! Verniet! Dit is ten volle vereffen!
Die Here vergewe my keer op keer op grond van die
plaasvervangende daad van Jesus aan die kruis,
wat in my plek kom betaal het.
Dit het Hy gedoen om die skuld uit die weg te ruim wat ons
voor God opgaar deur al die verkeerde dinge wat ons doen!
God se genade in die kruisdood en opstanding van Jesus
werk terug na al ons skuld in die verlede,
en vooruit na al ons skuld in die toekoms.
Vers 24 sê verder: “...Om dit so te stel:
omdat Jesus vir julle gely het,
hoef julle nie self vir julle sonde voor God te betaal nie.”
Sal ons nie in uitbundige vreugde hiervoor leef nie!
Ons lééf! Want Jesus lééf!
En deur vir al ons skuld te betaal,
laat Hy ons wat glo saam met Hom lééf!
Amen!
Ernest