Baie mense loop God se goedheid mis omdat hulle dink
dit het te doen met die verkryging van dit wat hulle wil hê.
God se goedheid word omgeskakel in sy voorsiening
van hulle behoefte lys. Wat Hy hulle blykbaar verskuldig is.
Hulle wil voortdurend goed van God hê.
Sulke mense bid eintlik net om dinge in die hande te kry.
Hulle soek ‘n God wat hul eie behoeftes diens.
Ons kan ons betrap dat ons hierdie spoor begin loop.
Op wie fokus ons in ons gebede? Op onsself?
Of op God en sy koninkryk?
Jakobus 4:3 sê:
“As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid:
Julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.”
Ons kan maklik daarin verval om net “aan God se deur te gaan klop”
wanneer dit met ons sleg gaan, as daar ‘n krisis is,
of as ons baie graag iets wil hê ter wille van onsself.
Selfs die kerk word dan as liefdeloos gebrandmerk
as hulle nie vinnig optree as God se gesante nie!
En daar word selfs na ‘n nuwe kerk gesoek,
wat meer inpas by hulle behoeftes.
God se goedheid is nie bedoel vir die verbruikers kultuur
van ons tyd nie. In God se koninkryk geld ander norme en terme.
Dit gaan oor opofferende liefde en integriteit.
Dit gaan baie meer oor gee, as oor ontvang.
Die Here se goedheid raak nooit op nie.
God se genade raak nooit op nie.
Maar God is nie daar om ons selfsugtige begeertes te diens nie!
Ernest