Op Goeie Vrydag het Jesus Homself as lewende
en heilige offer aan die kruis gegee, tot versoening
van ons met God. So het God Hom oor ons ontferm,
in sy Seun Jesus Christus. Nou skryf Paulus,
juis op grond daarvan, in Romeine 12:1:
“Ek doen ‘n beroep op julle, op grond van die groot
ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende
en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die
wesentlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”
Met die opstanding van die Here op Paassondag,
is die dood oorwin en kan ons deur geloof in die
lewende Here die nuwe, ewige lewe, deelagtig word.
Dit is die lewe van “gee jouself aan God as lewende en
heilige offer” wat nou in Jesus Christus vir Hom
aanneemlik is! Gaan leef nou doelbewus wie God
jóú bedoel het om te wees!
Ben Fold sing iewers:
“I do the best immitation of myself”.
Dit is waar woorde. Solank jy iemand anders probeer
wees, is jy steeds net die tweede beste hy of sy.
Paulus sê: Gee jouself! Wie jý is,
as lewende offer aan God.
Jy is die unieke jý, deur God beplan en geskep as
‘n unieke mens. Jy moet, met wie jy is, sy lig en glans
gaan weerkaats. Dit is nóú jóú tyd om te skyn!
Klein treë in die regte rigting. Stil dade van omgee.
Aanhoudende gebede. Denke wat uitloop op die
regte gedrag wat God verheerlik en ander mense
tot seën is. Dankbaarheid. Vreugde in die Here.
Ek is hier, en lééf, om God se goedheid en grootheid
te weerspieël. Dit is die nuwe lewe!
Die opstandings lewe,
saam met die opgestane lewende Here!
Ernest