In Kolossense 3:17 kry ons goeie raad:
Jesus moet uit ons lewens straal!
Of ons praat, of iets doen,
Jesus moet daarin gesien kan word!
Dit kan alleen so wees as ons elke tree
saam met Jesus loop.
Dit is eintlik so ‘n eenvoudige opdrag.
Neem Jesus elke dag saam met jou die dag in.
Nee, eintlik meer nog:
Gaan saam met Hom die dag in!
Wanneer ‘n nuwe kelner opgelei word,
sê hulle hy “shadow”.
Die persoon wat opgelei word beweeg heeltyd
in die skaduwee van die gesoute kelner wat
hom oplei.
Die een wat “shadow” doen heeltyd wat die
een doen wat die opleiding gee.
Ons moet elke oomblik van die dag in Jesus
se skaduwee beweeg, in sy voetspore. Reg by Hom.
Want dit is hier waar ons naby genoeg aan Hom is
om sy leiding te ervaar en self te leef soos Hy wil.
Dan kry ons dit reg om op ons voete te dink,
en saam met Hom op ons voete te leef.
Ons moet nie vir Jesus ruimte maak nie.
Dan is ons in die middelpunt.
Ons moet saam met Hom in sy ruimte leef!
Dan is Hy die middelpunt van ons lewe!
Ernest