“Elke heilige het ‘n verlede,
en elke sondaar ‘n toekoms.”
So het iemand gesê. Ongetwyfeld waar.
Wie van ons het nie ‘n paar skadukolle in ons
verlede-lewe nie? Hoeveel van ons hou nie
geraamtes toegesluit in die kas nie?
Hopelik is dit nou ou nuus in jou lewe saam
met God. Hy het ons vergewe.
Ons kan nie meer twee verskillende lewens
leef nie. Ons kan nie meer twee stelle waardes
hê nie. So ‘n leefstyl sou skynheilig wees.
Ons moet nou dieselfde mens wees,
wanneer ons tussen ander is,
en wanneer ons “alleen” is.
Psalm 139: “Here, U sien dwarsdeur my,
U ken my...”
Wat ‘n skok as mense uitvind jy is toe nie
“the real deal” nie. Net ‘n “Christen” spel...
Kom ons leef met integriteit voor God!
Dit is voor Wie ons leef. In Wie se
teenwoordigheid ons leef!
Kom ons leef daagliks so kort op Jesus
se hakke dat ons in sy vars spore trap!
Kom ons leef net een lewe, en is net een mens.
Die mens wat God jou bedoel om te wees.
Kom ons gaan dadelik na die Here toe vir
versoening wanneer ons val. Hy tel ons op.
Daarmee het ons ‘n gewaarborgde hede
en ‘n versekerde toekoms saam met Hom.
Kom ons kies opnuut die roete van
gehoorsaamheid aan die Here en leef dit
met oorgawe.
Ernest