‘n Ma het haar dogter raad gegee hoe om krisis
te hanteer toe sy handdoek wou ingooi op die lewe.
Die ma het drie kastrolle geneem en met water
op die stoof geplaas.
In die eerste het sy ‘n paar wortels gegooi.
In die tweede ‘n paar eiers.
In die derde gemaalde koffiebone.
Sy kook dit toe vir ‘n tyd en skakel later die stoof af.
Sy haal toe die wortels en eiers en koffie uit die kastrolle
en vra vir haar dogter: “Wat sien jy en wat voel jy?”
Die dogter voel die wortels het sag gekook.
Die eiers het kliphard gekook.
Die geurige koffie skink sy in ‘n beker.
Elk van hierdie het dieselfde krisis deurgaan in kookwater!
Maar elkeen het verskillend daarop gereageer!
Die wortels was hard en onverbiddelik,
maar het sag en swak en maklik breekbaar daaruit gekom.
Die eier was broos en sag, en die dop het die vloeibare inhoud
beskerm. Maar die kookwater het nou die binnekant verhard.
Die gemaalde koffiebone het uniek gereageer.
In plaas daarvan dat dit verander het,
het dit die kookwater waarin dit was verander!
Dit het die wonderlikste geur en smaak daaraan gegee!
Hoe gaan jy reageer as krisis jou pad kruis?
Soos die wortel, die eier of die gemaalde koffiebone?
Baie mense swig onder die druk van krisis en word
sag soos die wortel. Ander lyk oënskynlik reg,
maar word kliphard van binne af, soos die eier.
En dan is daar die wat reageer soos die gemaalde koffiebone,
wat nie toelaat dat die kookwater omstandighede jou lewe
dreineer nie, maar jy verander dit waarin jy is!
Verander die omstandighede waarin jy is,
eerder as wat die omstandighede jou lewe dreineer!
Filippense 4:6-7: “Moenie oor dinge sit en tob of jou
bekommer nie. Gaan praat met God daaroor.
Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel.
Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat
en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel.
Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of
wetenskaplik kan uitlê nie.
Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort,
sal jy nie meer omgekrap voel nie.
Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die
bekommernis weer met jou emosies weghardloop
of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.”
Moenie dat krisis die lewe uit jou dreineer nie.
Verander dit deur die krag van God in jou,
en gee soos die koffie aangename geur en smaak
aan die lewe om jou!
Maklik? Nee. Moontlik? Verseker in God se krag!
Doen dit! In sy krag!
Ernest