Petrus wil ons fokus op dit wat vir God belangrik is.
Kyk net mooi wat skryf hy en hoe reguit praat hy in
1 Petrus 4:2-3:
“…Kyk net hoe ‘n groot deel van julle lewe het julle
reeds gemors deur julle op te hou met die dinge
van die mense wat God nie ken nie.
Ek praat nou van daardie tyd toe julle alle
ordentlikheid en reëls oorboord gegooi en net
gedoen het waarvoor julle lus was...”

God wil hê dat ons ontslae moet raak van dade wat
net onsself dien. Dat ons net doen waarvoor ons lus is.
Ons moet werklik die dinge laat staan wat ons weerhou
daarvan om die Here voluit en toegewy te dien.
God het ons elkeen geskep met een hoofdoel,
en dit is dat ons sy Naam sal verheerlik.
Dit kan ons net doen deur te leef in sy koninkryk,
vir sy koninkryk.
Buite dit is ons besig om ‘n groot deel van ons lewe
te mors! Dit is wat ons Skrifgedeelte hier sê.
Oral waar jy leef moet jy die koninkryk van God uitbrei.
Met almal wat jy te doen het moet jy die koninkryk
van God uitbrei.
Ons moet ophou om so ‘n groot deel van ons
een God-gegewe lewe te mors!
Leef vir die Here!

Ernest