1 Petrus 4:10: “God het aan elkeen van julle
uitsonderlike talente gegee.”
Let wel: God het nie net vir ons elkeen talente
gegee nie, maar dit is “uitsonderlike “ talente.
Dit is spesiaal. Dit is van God!
Vers 10 sê verder: “...Nee, dit is God wat eintlik
so goed vir julle is. Daarom moet julle julle talente
gebruik om ander te help.”
Dit wat jy goed kan doen en geniet is dikwels jou
gawe of talent. Ander kere ontdek jy ‘n gawe
waarvan jy nie bewus was nie.
Nog ander kere gebruik die Here jou om iets te doen
wat jy gedink het jy nie kan doen nie,
en jy besef Hy werk deur jou en gee jou die gawe.
Dikwels is dit net die dinge wat vanself kom.
Die Here werk ook besonders en verrassend,
deur die Heilige Gees.
Jy doen dinge wat jy beleef nie energie van jou neem nie,
en selfs wanneer dit baie energie neem,
gee jy nie om nie, want jy geniet dit so baie.
Al wat God van jou vra is om Hom te dien met wat Hy gee.
En Hy gee so baie vir ons elkeen. Gebruik dit tot sy eer.
Jou gawes is deur God gegee sodat jy Hom en ander kan dien.
En die Here gebruik jou daar waar jy is,
met die mense waarmee jy te doen kry.
Vra die heilige Gees om jou te help en te lei en te laat dien.
Wees dan sensitief vir die leiding van die Gees,
en wees gehoorsaam aan Hom. Staan op en dien!
Doen alles wat jy kan, waar jy is, met wat die Here voorsien!
Ernest