Ons is regtig gelukkig en geseënd.
Ons Christene kry so baie sonder dat ons dit verdien.
In Efesiërs 1:28 sê Paulus dit so mooi:
“Julle pad loop na God toe. Hy is die Een wat julle red
omdat julle in Christus glo. Ons het dit nie verdien nie,
maar God het ter wille van Christus dit vir ons gedoen.”
Ons het in hierdie opsig regtig alles!
Ons kan die wêreld vierkantig in die oë kyk.
Ons kan lewe en spring van vreugde.
Ons glo in Christus! Ons lewe!
God het alles vir ons gedoen!
Maar, daar is ook tye wat die lewe woes gaan.
Ons weet dit gaan nie nét goed met ons nie.
Daarom waarsku Paulus ook in vers 29.
Daarom is dit nie te veel gevra om ter wille van
Christus ook swaar te kry nie.
Paulus sê ons kan maar na hom kyk.
Hy kry swaar ter wille van Christus.
En hy is nie al een wat swaarkry nie.
Daar is tye wat ons nie die klappe van die lewe kan
ontduik nie. Ons ervaar die grense van ons eie
menswees en beheer. Die lewe gebeur!...vir almal.
Nie altyd soos jy dit beplan of hoop nie.
Daarom moet ons bereid wees om ter wille van Jesus
swaar te kry.
Wat beteken dit?
Dit beteken om in swaarkry so op te tree dat Christus
steeds daarin verheerlik en geëer word.
Dat, ook in jou swaarkry, jy ‘n getuie vir die Here is!
Wat is liefde? Dit is om bereid te wees om alles
onvoorwaardelik te gee vir die een wat jy liefhet.
Selfs jou lewe. Dit is wat Jesus vir ons gedoen het.
En dit is wat Jesus van ons verwag.
Is jou liefde vir Christus so groot dat jy bereid is om
ook in jou swaarkry dit vir Hom te gee?
Om jou swaarkry só te dra dat jy Hom daarin eer?
Ernest