Hannah Whitall Smith skryf in “The God of All Comfort”
dat ons dikwels ons godsdienstige aktiwiteite met
groot oorgawe nakom, maar dat ons net so dikwels
steeds ongelukkig kan wees.
En dan sê sy hierdie belangrike ding:
“Nothing can set out hearts at rest,
but a real acquaintance wih God.”
Godsdiens is nie dieselfde as God-diens nie.
Om rus aan die Here se voete te vind is iets anders as
om heeldag rond te hardloop van die een godsdienstige
aktiwiteit na die ander.
Om van vroeg tot laat besig te wees in die Here se diens
is nie die sleutel tot vrede en vreugde by Hom nie.
Ons onthou die verhaal van Marta en Maria.
Ware rus en vrede tref jy aan by die Persoon van Jesus,
en nie in die aktiwiteite vir Hom nie.
Ons ken ook die bekende uitdrukking:
Jy kan so besig wees met die dinge van die Here
dat jy die Here van die dinge misloop.
Eugene Peterson stel dit so:
“Jesus is an alternative to the dominant ways of the world,
not a supplement to them.”
Om vir Jesus te leef is nie aanvullend tot jou besig wees nie.
Hy is nie ‘n vitamien-aanvulling tot jou daaglikse dieet wat
min voedingswaarde het nie.
Hy is nie die alternatiewe roete as jou roete nie uitwerk nie.
Hy oorroep ons ou uitgediende manier van dink, doen en leef.
By Hom is daar rus, vrede en vreugde. In oorvloed.
Leef op daardie roete en sien dit!
Ernest