Die lewens omstandighede was moeilik
vir die Christene in Paulus se tyd.
Hy is self in die tronk. Hulle Messias is nie
meer in hulle midde nie. Elkeen wat in die
Here Jesus geglo het se lewe was in gevaar.

Maar die Christene het mekaar ondersteun
en mekaar moed ingepraat.
Daarom stuur Paulus ook vir Tigikus na die
mense in Kolosse.
In Kolossense 4:8 sê Paulus:
“Hy sal ook vir julle sê hoe dit hier gaan.
Hy sal julle ook sommer moed kan inpraat.”
Ons moet binne moeilike omstandighede
vorentoe kan beur, soos Tigikus.
Ons moet mekaar aanmoedig, hande neem,
en saam trek.

Dit gaan nie maklik met mense nie.
En veral as Christene alleen staan.
Daar kom baie uitdagings waarin ons mekaar
baie nodig het.
Ons moet mekaar se hande vat,
soos Paulus en Tigikus mekaar ondersteun het.

Kom ons lewe na die voorbeeld van Tigikus.
Kom ons praat mekaar moed in, en gee hoop.

Ernest