Hoekom is ons so traag om al ons probleme
en bekommernisse net so na die Here te neem?
Hy belowe tog in sy Woord dat Hy dit sal dra.
1 Petrus 5:7 stel dit so:
“Neem al die dinge waaroor julle julle bekommer
of wat julle omkrap na God toe,
want Hy self is die Een wat vir julle sorg.”
Let op, die teks sê nie dat ons net sekere probleme
na God kan neem nie, dat sommige probleme
te groot of te klein is om na God te neem nie.
Nee, die teks sê “al die dinge waaroor julle
julle bekommer of wat julle omkrap...”
Maak nie saak hoe groot of klein nie.
Maak nie saak hoe skaam jy daaroor is nie.
Maak nie saak of jy al dikwels daarmee misluk het nie.
Alles. God sal jou daarmee help.
Wat ook baie belangrik is, is dat ons nie weer die
probleem uit die Here se hand gaan neem nie,
by wyse van spreke. Wanneer die dinge nie gebeur
soos jy verwag nie, moenie weer by God “oorneem” nie.
Bring tyd saam met God deur sodat Hy jou hierin kan lei.
God is jou Vader wat net die beste vir jou bedoel.
Glo dat Hy sy beloftes waarmaak,
dat daar vir jou ‘n uitkoms is soos Hy dit wil hê,
al is dit nie soos jy dit wil hê nie.
Vertrou jy God volkome hiervoor?
Doen dit!
Ernest