Ons is ten opsigte van baie dinge aandag afleibaar.
Baie van ons is ook meer aandag afleibaar as ander.
Party mense kan meer gefokus bly op wat hulle doen
as ander. Dit geld kort en langtermyn.
Party mense kan hoogs gefokus bly op wat hulle doen.
Hulle kan gefokus oefen vir maande met die oog op
‘n wedloop of wedren. Daar is ook mense wat hoogs
gefokus kan werk, of gefokus kan bly op gebed,
of die bestudering van die Woord. En so kan ons
voorbeelde bly noem.

Dit is belangrik dat ons gefokus moet bly op God.
In Eksodus 20:5 lees ons dat ons nie ander afgode
in ons lewe moet hê nie, “want Ek, die Here jou God,
eis onverdeelde trou aan My.”
Ons moet op God gefokus leef en werk. In ons geestelike
lewe is fokus belangrik. Dit help ons om te vertrou
op die Here, op sy wil te konsentreer, om doelbewus vir
Hom te leef. Dit hou ook dikwels ons aandag en
konsentrasie op die dinge wat die Here wil hê ons in
bepaalde omstandighede moet doen.

Die selfstandige naamwoord “focus” word deur die
Engelse woordeboek omskryf as
“The center of interest or activity.”
Die werkwoord word omskryf as:
“An act of concentrating interest or activity on something.”
Die Here wil hê ons moet ons fokus onverdeeld op God
en sy koninkryk se belange gerig hê.
Ons moet Hom met absolute lojaliteit liefhê en dien.
Verdeelde fokus is die eerste tree weg van fokus op
God se wil en koninkryk. Dit lei tot dubbele lojaliteite.
God vereis onverdeelde trou aan Hom.
Hy wil in die sentrum van ons lewe se fokus wees.
Moenie geestelik afleibaar wees van God se wil en
sy koninkryk nie. Soek dit altyd eerste!

Ernest