God is nie afwesig as ons tot die
gevolgtrekking kom dat Hy weg is nie.
Hy is nie doof as ons dink Hy hoor nie
meer ons pleitgebede nie.
God is nie blind as ons dink Hy sien ons
nie in ons moeilike omstandighede raak nie.
Ons is nie op ons eie net omdat ons dink
God het ons vergeet nie.
Ons gevoelens is nie bepalend vir hoe naby
of ver God is nie.
Ons geloof is wel.
Ons emosies dien nie as die norm om God se
afstand van ons af te meet nie.
Hy is nie naby net as ons naby aan Hom voel nie.
God is altyd waar Hy is. Onder alle omstandighede,
en te alle tye. Hy is vir ewig op sy hemelse troon.
Hy is die Here oor hemel en aarde.
Alleenheerser oor die heelal.
Niks of niemand kan God verskuif nie.
Ons moet onthou wie God is en waar God is.
Hy is God. Sy bewind is ewig. Nimmereindigend.
Hy is alomteenwoordig. Hy is orals, altyd.
Tog sien Hy wat so groot is vir ons in ons kleinheid raak.
Nooit laat val God ons uit sy hand nie. Nooit is Hy ver,
blind, doof of moeg nie. Daarom kan ons Hom ter enige
tyd aanroep in die Naam van Jesus.
Hy weet altyd waar ons is, wat ons nodig het,
en sorg daarom vir ons.
Ernest