Ons weet dit. God is nie omkoopbaar nie.
En tog bid ons omkoop-gebede.
“As U dit vir my doen, sal ek dat vir U doen.”
Die Fariseërs in Lukas 18 het ook ‘n omkoop probeer.
“Ek vas twee keer per week.” “Ek gee my tiende.”
Ons sal dit nie sê soos die Fariseërs dit gesê het nie.
Maar ons dink oor hoeveel goeie dinge ons doen,
en “daarom behoort die Here...”
God het ons in elk geval lief. Niks wat ons gedoen het,
nou doen, of nog gaan doen oortuig Hom anders nie.
Sy goedheid en sy eindelose genade met ons, sê meer
van Hom as van ons!
Ten spyte van enige iets wat ons doen, sal God altyd
genadig wees as ons Hom opreg in gebed nader.
Dit is nie wat óns doen, wat genade bring nie.
Nederigheid en afhanklikheid spreek God aan.
Wie hom voor God verneder sal verhoog word.
Die Here is so groot dat niks of niemand Hom kan
raad gee of beïnvloed om hulle te bevoordeel nie.
Jesaja 40:14: “Vir wie raadpleeg Hy dat die Hom tot
insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen?
Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig
kan optree?”
Nogtans ontferm die Here Hom oor gewone mense
wat klein genoeg in hulleself is om al hul vertroue
in Hom te stel.
Doen dit. Weet dat jy in die Allerhoogste se
teenwoordigheid is as jy in gebed na Hom toe gaan.
Wanneer jy in nederigheid en afhanklikheid by Hom
opdaag, maak Hy sy deur vir jou wawyd oop!
Maak net opreg aanspraak op sy guns en genade.
Jy is sy kind!
Ernest