Hoekom dink mense so maklik god gee nie om nie.
En veral gelowiges. Gelowiges wat maklik dink en
sê dat Hy hul omstandighede nie raaksien nie. Dat Hy
nie vir hulle onthalwe regspreek nie – Jesaja 40:28.
Daarom vra die Here al die retoriese vrae in Jesaja 40:28
– of hulle nie weet nie en of hulle nie gehoor het nie
dat die ewige God, die Een wat die Skepper is van alles,
nooit moeg raak nie, nooit afgemat raak nie?
Hoekom dink mense dat God nie meer omgee nie?
Waar kry hulle ooit die idee dat Hy afwesig is?
Hoe is dit moontlik dat hulle nou net al die “verkeerde”
dinge oor God onthou? Hoekom maak hulle soos
ongelowiges wat God van sulke dinge beskuldig?
Hoekom wil hulle God meet, en dan nog met die
verkeerde instrumente!?
Dan van vers 29 af in Jesaja 40 verduidelik God vir
mense wat so dink, en vir ons almal, waar ons Hom veral
sal raaksien. Dit moet mense help om nie aan te hou om
misverstande oor God se omgee en betrokkenheid te hê nie.
God is die Een wat krag gee aan die swakkes,
en ook dat Hy dié sonder enige aardse mag met krag toerus.
So is God! Hy wat so groot en kragtig is sien graag mense raak
en is by hulle betrokke wat deur die lewe rondgegooi word.
Hy sien hulle nie net raak nie, Hy gee hulle nuwe krag om te
kan volhard ten spyte van omstandighede. Ons moet onthou
God is hier!
Moenie jou blindstaar teen jou omstandighede en foutiewe
afleidings daaruit maak oor God nie. Doen eerder wat
Jesaja 40:31 sê: Wag en vertrou op die Here!
Vrees sal dan plek maak vir geestelike krag.
Dan sal jy nie moeg en afgemat raak, en sonder hoop wees nie.
Wie wag op God, leef alreeds in sy krag,
en sal ook meer krag ontvang.
Ernest