René Descartes het gesê: “Ek dink; daarom is ek.”
Lank voor hom het die kerkvader Augustinus gesê:
“Ek fouteer; daarom is ek.”
Hierdie twee intellektuele reuse het met hierdie
woorde ons denkende self, en ons fouterende self
uitgelig as twee pilare van menswees.
Ons moenie dink omdat ons kan dink,
dat ons nie fouteer nie. Ons moet ook nie dink
omdat ons beter as ander kan dink,
ons fouteer minder nie. Alhoewel ons kan dink,
en party baie goed kan dink, is ons almal sondige,
struikelende mense.
Ons is ook nie vrydenkende eilande nie.
Ons denke is juis dikwels die slagoffer van ons foute.
Daarom het ons die Here se genade broodnodig.
Ons het die Here nodig om ons te leer om ons dae
met wysheid te vul. Dan vul die Here ons denke,
sowel as ons tekorte, met nuwe inhoud.
Dan is ons nie enersyds die slagoffer van arrogante
denke nie, en ook nie andersyds oor-behep met ons
eie foute nie.
Dan kry hierdie woorde van die Here vir ons nuwe
betekenis: “Eers as die Seun julle vry maak,
sal julle werklik vry wees.” – Johannes 8:36.
Ernest