Dankbaarheid laat jou met geloof sien
John Henry Jowett beskryf ‘n lewe sonder dankbaarheid:
“’n Lewe sonder dankbaarheid is sonder liefde en passie.
Hoop sonder dankbaarheid kan nie ver sien nie.
Geloof sonder dankbaarheid het gebrek aan krag en
deursettingsvermoë. Enige iets wat geskei is van
dankbaarheid is gewond en loop mank verder op die
lewenspad.”
Wat is ware dankbaarheid? George R. Hendrick sê:
“True thanksgiving means that we need to thank God
for what He has done for us, and not to tell Him what
we have done for Him”.
Ons ontvang baie meer as wat ons ooit kan gee.
Dit is daarom slegs deur dankbaarheid wat die lewe
ware rykdom is!
Dankbaarheid is soos ‘n klip wat in die water gegooi word.
Die rimpel effek daarvan kring net uit en uit in sirkels om jou.
Ons kan so maklik kla. Ons kla regtig so baie.
Ons sê selfs as ons groet “kan nie kla nie, asof ons sou wou kla.
Wanneer jy God se liefde ervaar en daarvan verseker
word deur God self in sy Woord, kan jy nie anders as om
‘n dankie-sê lewe te leef nie. Kolossense 1:12 sê:
“Julle moet die Vader dank wat julle geskik gemaak het
om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag
in die ryk van die lig.”
Ernest