Onthou nou die vyf groot wyshede uit die Woord van God,
om te sterf aan jouself, en vrymoedig voor God te lééf!

“Life is hard” – die lewe is hard. Kyk pyn in die oë.
Weet God gaan saam met jou deur dit.

“You are not important” – jou waarde in die wêreld is
minimaal. Jou naam is egter in die hemel opgeskryf!

“Your life is not about yourself” – leef buite jouself vir
die Here en vir ander mense.

“You are not in control” – die lewe is onvoorspelbaar.
Net God is in beheer.

“You are going to die” – die dood is doodseker. Maar niks,
nie eers die dood, kan ons uit God se hand ruk nie.

Bogenoemde wyshede uit die Woord van God maak nie
die lewe eensklaps makliker nie. Maar dit maak die lewe
vol hoop en vreugde! Immers, as ek weet my lewe is in
die hande van die lewende God, en dat absoluut niks my
van Hom kan skei nie, Romeine 8:31-39, dan kan ek alles
in die oë kyk wat die lewe na my kant toe gooi. Nóg dood,
nóg lewe, kan ons uit God se greep van genade ruk.

My omstandighede bepaal nie meer my lewe nie.
Die Here bepaal my koers. Die Here bepaal my blydskap.
Die Here bepaal my lewenskwaliteit! Prys sy Naam!

Ernest