Jesus se geboorte was sekerlik nie vir
Maria en Josef maklik om te verduidelik nie.
Hulle verhaal oor die oorsprong van hulle
buite egtelike kind sou nie sommer die mense
rondom hulle oortuig nie. Daarom moes selfs
‘n engel vir haar verloofde, Josef, kom oortuig
het dat haar kindjie inderdaad deur die
Heilige Gees verwek is. Vandag nog vra dit
geloof wat die Heilige Gees jou gee.

Tog gebruik God hierdie vreemde geboorte verhaal
om sy Kind veilig in hierdie wêreld in te bring.
En wat ‘n belangrike Aankomeling is Hy nie.
Seun van God! Sy Naam sal oom Immanuel wees –
God met ons!

Matteus 1:23 sê: “...en hulle sal Hom Immanuel noem.”
Immanuel het uiteindelik gekom! Die Almagtige God
het die grootste wonder laat gebeur! Om sy eie Seun
aarde toe gestuur ter wille van ons wat verdwaal het
en verlore was. Die kloof tussen hemel en aarde is oorbrug.
Jesus kom doen dit met sy hele lewe. Sy lyding.
En sterwe. En opstanding!

Die Kindjie in die krip is die Koning van die heelal!
God self is nou by ons! Hy kom dra die hele wêreld se sonde.
Myne persoonlik. En joune.
God gee soveel om vir hierdie stukkende wêreld dat Hy ons
persoonlik kom besoek, en kom red, en ons sy kinders maak.
Buig voor hierdie Kind in hierdie Kersgety.
Dit is God voor Wie jy buig!

Ernest