Op hierdie dag van Jesus se geboorte het
die wonder gebeur! Die hemel het oopgegaan.
Ook met Jesus se doop. En God praat by Jesus
se doop! Kort en kragtige woorde:
“Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My”
– Matteus 3:17.

Die ganse hemelse skare het hierdie dag gejuig
oor die Seun van God. Jesus! God juig ook oor Hom!
Hy verheug Hom oor sy Seun!
Hy weet die oorwinning sal in Hom behaal word.
Oor die Bose. Oor die dood. Die Redder is hier!
Jesus kom met genade en redding.
Die dag toe Johannes vir Jesus in die Jordaan gedoop
het, het die hemel en die aarde aan mekaar geraak!
God het dit bevestig deur opgewonde oor sy Seun te praat.
Woorde van hoop en lewe. Vreugde.

Hierdie Kersfees kan ons ook saam met die hemele feesvier.
Ons kan God se woorde beaam en getuig.
Hy het vir elkeen van ons gekom. Mens geword om ons die
lewe te gee. Ons is so kosbaar in God se oë.
Ons het eintlik nie ‘n idee hoe kosbaar nie.
Jesus het jou ook vandag in sy fokus. Sy oog is op jou gerig.
Hy is Immanuel, God by jou.
Met sy genade en ontferming kom Hy elke dag na jou toe.
Neem dit en lewe!

Ernest