Vandag, op 26 Desember, lê daar op baie plekke
hope kersgeskenk papier, en linte en selfs geskenke
rond. Vir party mense het die geskenke al klaar deel
van hulle glans verloor.
Vanaf 26 Desember is Kersfees letterlik op uitverkoping!
Kersbome, klappers, geskenkpapier, en baie produkte is
teen afslagpryse beskikbaar.
Kersversierings word weggepak.
Kersmusiek word al minder gehoor.
Vir kinders van die Here kan Kersfees egter steeds
anderkant Kersfees gevier word!
Hoe so? Nooit verloor ons ons fokus op Jesus nie!
Hy is nie net die rede vir Kersfees nie, maar die rede
vir ons lewe! Dit is nie net ‘n 25 Desember ervaring nie.
Ons gaan voort om te fokus op die Een wat na die wêreld
toe gekom het as die Kind in die Krip.
Jesus is God se lewende, onverdunde genade in aksie!
‘n Kersfees lewe lyk anders tussen mense wat Jesus navolg,
26 Desember en verder!
Kerstyd word ‘n lewe wat 365 dae lank geleef word, elke jaar.
Ons lewe word nou lewende geskenke van die Here,
aan ander mense!
Ernest