Ons weet nie wat voorlê in hierdie Nuwejaar nie.
Een van die dinge wat ons egter verseker weet
is dat ons oorwinnend vir Jesus kan volg in hierdie
Nuwejaar!
Kolossense 2:25 sê: “Hy het die bose magte
ontwapen en hulle in die openbaar vertoon.”
Jesus se oorwinning het al ver duskant die kruis begin.
Toe God Hom na die wêreld gestuur het,
was die skrif aan die muur. Jesus se koms na die wêreld
sou alles vir altyd verander. Die dag toe Jesus aan die
houtkruis gehang het, het God alle teenmagte se wapens
gestroop – die Satan, die sonde, en die dood.
Aan die kruis is alle bose magte verslaan.
Hulle word nou voorgestel as God se gevangenis,
wat in die openbaar vertoon word.
Dit is nou nie ‘n geheim nie. Dit is openbaar,
en dit het in die openbaar gebeur!
Die Bose het geen troef om te speel nie.
Jesus gee vir almal wat in Hom glo die lewe!
So kan jy oorwinnend en met ware lewe die nuwe jaar
ingaan en vir die Here leef. Ongeag!
God sal in hierdie nuwe jaar al sy kinders laat deel in sy
magtige triomf. Jy hoef nie vir een dag bang te wees nie.
Jy hoef vir niks terug te deins nie. God laat al sy kinders
deel in Jesus se magtige triomf. Elke kind van God kan
as sy soldate in sy triomftog saamtrek in hierdie wêreld,
in hierdie nuwe jaar.
Ernest