Ons wil dikwels hê ander mense moet
die Here dien soos ek Hom dien. Hulle moet
stiltetyd hou soos ek. Kerk toe gaan soos ek.
Van die musiek hou soos ek. En so sal ons
voorbeelde kan bly noem.
Daar is ‘n Joodse spreuk wat min of meer so lui:
“Do not confine your children to your own learning,
for they were born in another time.” Dit wil net sê
dat selfs ons kinders al verskil van ons, in terme van
leerervaring, en ook die uitlewing van hul oortuigings.
Ons kan nie van almal verwag om ons gewoontes,
voorkeure en smake aan te leer nie. Ons kan nie óns
manier van die Here dien, normatief maak nie.
Vandag se jongmense word byvoorbeeld groot in
‘n visuele kultuur, terwyl die vorige geslag in ‘n
teks-aangedrewe kultuur grootgeword het.
Daarom dat selfs ouers en kinders se
voorkeur-maniere om met God te verbind so
baie kan verskil.
Dit geld almal wat die Here dien. Die uitdaging is
om mekaar nie in vooraf vervaardigde boksies in
te dwing nie. Ons moet ruimte skep vir mekaar se
uniekheid in ons verhouding met die Here.
Nie elkeen van ons dien die Here presies soos die
ander een nie. Ons almal is unieke mense in eie reg,
en die wonderlike is dat die Here ons so geskep het!
Dink maar net aan die beeld van Paulus dat die
gemeente van Christus soos ‘n liggaam funksioneer.
Verskillende ledemate wat elkeen sy eie funksie het,
en tog ‘n eenheid vorm tot eer van God.
Wat wel waar is, is dat daar norme en voorskrifte van
die Here is wat tydloos is. Dit is vir ons almal geldig.
Maar die manier waarop ons dit uitleef is uniek.
Ons mag nie ons eie gewoontes, gebruike en
voorkeure verwar met die Here se wil nie, of met
sy tydlose norme nie.
ander moet vra, is of dit wat ons doen bydra tot die
eer van God. Alles gaan oor Hom. Wanneer ons
heelhartig op Hom fokus, gaan ons in elk geval nie
meer tyd hê om foutvinderig te wees ten opsigte
van hoe ander mense die Here dien nie.
Ons sal eerder raaksien hoe baie mense op
verskillende unieke maniere die Here dien en hulle
juis eerder daarin aanmoedig!
“Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig
wees nie, maar skaar julle by die nederiges.
Moenie eiewys wees nie.”