Hoekom het God ons lewend gemaak?
Hoekom het God ons nuut gemaak?
Hoekom het Hy ons herskep!

Efesiërs 2:10 is ‘n baie belangrike vers
waaroor ons veels te maklik lees:
“...in Christus Jesus het Hy ons geskep om
ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor
Hy ons bestem het.”
Ons moenie hierdie vers miskyk nie.

Hierdie vers vertel dat God ons met ‘n bepaalde
doel herskep het! Hy het ons geskep om ons
lewe te wy aan die goeie werke wat Hy wil hê
ons moet doen.

Weet jy waarom God jou gered het?
Sodat jy vir altyd sy kind kan wees. Hy jou Vader
en jou God. Weet jy wat is sy plan vir jou lewe?
Dat jy jou lewe sal wy aan goeie werke.
Dat jy saam met Hom sal besig wees om sy
goedheid en liefde te versprei.
Hy red jou nie net om hemel toe te gaan nie.
Hoekom is jy dan nog hier?

God wil jou hele lewe nou reeds hiér op aarde
gebruik om Hom te verteenwoordig en sy
koninkryk te bou.
Jesus het self gesê dat Hy ons stuur,
soos die Vader Hom gestuur het.
Ons moet lig wees in ‘n donker wêreld.

Ernest