God hou moed. God hoop nog steeds
dat die mense na sy getuies sal luister.
Dit is die boodskap van Op. 11:1-6.
Want God is liefde!

Openbaring is nie ‘n bangmaak boek nie.
Dit is ‘n boek wat vertel van God se oneindige
geduld, sy oneindige liefde en sy oneindige mag.
In sy geduld en liefde wag Hy dat almal wat by
Hom wil uitkom, by Hom kan uitkom, selfs al kry
die wat reeds by Hom is baie swaar.

Wanneer ons dit besef leef ons in die troos
en hoop daarvan en is ons nie net selfgerig nie.
Dan is ons bereid om saam te ly ter wille van ander
se redding. Johannes wil vir die Christene van destyds,
en vir ons natuurlik, kom sê dat ons geduldig in Jesus
se voetspoor moet volg.
Dit sal vir ons baie probleme bring, net soos dit vir
Jesus baie probleme gebring het.
Maar so sal ons Hom enduit volg!

Niks is tevergeefs nie. Selfs die dood van die getuies
waarvan Openbaring 11 praat, bring mense daartoe
om vir God te leef en aan Hom die eer te gee.
Vers 17 is ‘n besondere vers wat ons uit ons kop kan
leer om dan daaruit te gaan leef:
“Ons dank U, Here God, Almagtige, U wat is en wat was,
dat U nou u groot mag gebruik en as koning heers.”

Ernest