Wanneer ons in Jesus se lydingstyd die begrip
“pyn” oordink, dan leer die boek Openbaring ons
ook dat ons in hierdie lewe vrede moet maak met
die feit dat die lewe sy kwota pyn het.
Prediker vertel dit ook vir ons in die boek Prediker.
Die manier waarop Jesus sy pyn oorwin het,
gaan ons help om ons eie pyn te oorwin.
Iemand het eenkeer gesê:
“Pain refines life. In them you discover what you are.”
Prediker 5:12 en 6:1 sê hierdie dinge:
“Ek het in hierdie wêreld ‘n bitter swaar ding gesien”.
“Ek het in hierdie wêreld ellende gesien.”
Ons gebruik dikwels die uitdrukking: “Dis nag!”
Dit is om groot moeilikheid en pyn te beskryf.
Prediker leer ons die lewe het sy kwota “nag”.
Doen moeite om die boek van Scott Peck te lees.
Hy begin sy boek, “A Road less Travelled”, met hierdie
diep woorde wat jou die res van jou lewe kan help om
pyn te dra: “Life is difficult. This is a great truth,
one of the greatest truths. It is a great truth because
once we truly see this truth, we transcend it.
Once we truly know that life is difficult –
once we truly understand and accept it –
then life is no longer difficult. Because once it is accepted,
the fact that life is difficult no longer matters.”
Daar is baie dinge wat in die wêreld gebeur wat die lewe
moeilik maak. Prediker, en Scott Peck, wil ons leer om dit
te aanvaar en aan te gaan met jou lewe!
Leer om die lewe se pyne te vat soos dit kom.
Die lewe is nie altyd maklik nie. Die lewe is ook nie
regverdig nie. Punt.
Daar is ‘n blom in die Alpe met die naam Edelweiss.
Hoe kouer dit word, hoe mooier blom dit.
Dit is ook waar van kinders van die Here wat hul krag
in Hom vind om pyn te hanteer.
Ernest