Pyn is eenvoudig deel van menswees. Punt.
Romeine 8:35 gee die wonderlike versekering:
“Wat kan ons nou nog skei van Christus se liefde
vir ons? Swaarkry, probleme...Nie een van hierdie
dinge nie!”

In ‘n fliek met die naam “City of Angels” word intense
pyn, verlies, eensaamheid en hartseer deur een van
die karakters ervaar. Iemand wil by hom weet of dit
enigsins die moeite werd is om ‘n mens te wees?!
Hy antwoord: “Yes, to be human is a wonder!”
Pyn is deel van die wonder van menswees.
Kan jy dink wat ‘n voorreg dit is dat jy enigsins
as mens bestaan!

Gelukkig help God ons om pyn te dra.
Hieroor skryf Alan Paton treffend in
“Cry The Beloved Country”:
“I have never thought that a Christian would be free
of suffering. For our Lord suffered. And I have come to
believe that He suffered, not to safe us from suffering,
but to teach us how to bear suffering. For He knew
that there is no life without suffering.”

Profeties skryf Jesaja 53:5 oor Jesus, en óns pyn:
“Oor óns oortredinge is hy deurboor, oor óns sondes is
hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring,
was op hom, deur sý wonde het daar vir ons
genesing gekom.”

Ernest