Die Psalm skrywer sê in Psalm 73:21-22:
“Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,
was ek dom en sonder uitsig.” Dit is die gevolg
van verbitter en veronreg te voel oor pyn.
Dit maak jou dom en sonder uitsig, sê die Psalm.

Mense hanteer pyn verskillend. Tog het ons ‘n keuse.
Pyn is ‘n innerlike reis. Jy moet leer om pyn te hanteer.
Pyn kan jou laat groei en jou uiteindelik meer op ander
mense laat fokus as op jouself. So word jy self ‘n beter
mens en jou geloof word sterker en sterker.
Pyn kan jou ook bitter en sinies maak.
Dit is ‘n keuse hoe jy op pyn gaan reageer.

Hoe groter pyn word, hoe groter word die oorwinning
daaroor deur die krag van die Here. Iemand het gesê:
“Whatever we have achieved in character we have
achieved through pain.”
Die karakter Ada sê in die fliek “Cold Mountain”:
“Pain goes eventually. And when it is gone, there is no
lasting memory. Not the worst of it, anyway. It fades.
Our minds are not made to hold on to the particulars
of pain the way we do bliss. It is a gift God gives us,
a sign of his care for us.”

Kies om te groei deur pyn. Weerstaan dit om verbitter
te raak en veronreg te voel. Maak die beste keuse.
Die Here laat jou verseker groei deur pyn as jy daarvoor
kies om saam met Hom daardeur te gaan!

Ernest