Jabes bid in 1 Kronieke 4:10:
“Weerhou onheil van my sodat geen smart
my tref nie.” Hoekom bid Jabes hierdie gebed?
Ons moet ‘n misverstand uit die weg ruim:
Die oomblik wanneer jy nee sê vir die wêreld,
en ja vir die Here, beteken dit nie dat al jou
probleme opgelos is nie, dat al jou vrae
beantwoord is nie, en dat moeilikhede nie
weer jou pad sal kruis nie. Dit beteken nie dat
niks nou meer die rustigheid van jou siel sal
versteur nie. Ons beleef steeds ongelukke, siekte,
mislukkings, argumente, twyfel, woede,
eensaamheid, en wat nog alles...
Dit beteken nie dat daar fout is met ons
verhouding met God nie. God het nie sy sorg van
ons teruggetrek nie. Christene is deel van die lewe.
Dit is waarom Jabes sy gebed bid. Geen wonder nie
dat Martin Luther ook gesê het: “Bid elke aand as jy
gaan slaap: “Vergeef ons ons oortredinge” en bid
elke oggend as jy opstaan: “Laat ons nie in versoeking
kom nie.” Hoekom? Want dit is hoe die lewe lyk wat
ons elke dag in die oog kyk. Alhoewel die goeie en die
slegte dinge met gelowiges en ongelowiges gebeur,
is daar ‘n reuse verskil tussen ons.
God bewaar ons elke oomblik in die lewe as sy kinders.
Hy is ons Vader. Niks kan ons uit sy hand ruk nie,
sê Johannes 10:28.
Jean Anouilh het gesê: “Mostly life just pushes you
around and says, “Wake up. There’s something I want
you to learn.” If you learn life’s lessons, you will do well.
If not, life will just continue to push you around...To learn,
you have to roll up your sleeves and plunge into life,
up to the elbows!”
Ernest