Sien God in jou moeilikste omstandighede,
ook in jou pyn. Dit is wat met Jakob in
Genesis 28 gebeur het. Vers 16 sê:
“Jakob het wakker geskrik en gesê:
“Die Here is op hierdie plek, en ek het dit
nie eers besef nie.” Jakob het God in sy pyn
en probleme raakgesien. Hy het God beleef,
in sy pyn. Iemand het oor Jakob se lewe geskryf:
“ Wanneer jy hartseer is, so hartseer dat erger
hartseer nie moontlik is nie, roep, huil, skreeu.
Dan sal jy die leer van Jakob met die engele nié
in die veld van Bet-El sien nie, maar tussen die
hemel en jou huidige situasie.”

Weet dat die Here in die pynlikste van pynlike
oomblikke by jou is. Psalm 42:9 en 12:
“Tog sal die Here weer op ‘n dag sy trou laat blyk
en sal ek selfs in die nag ‘n lied vir Hom sing. Ja,
ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing.
Hy is my helper en my God.”

Wat doen ‘n mens in intense seer en pyn?
Jy bid, want God is met jou in daardie tyd.
Iemand het aan ‘n Christen dokter en skrywer,
Paul Brand, gevra: “Waar is God wanneer daar pyn is?”
Hy het geantwoord: “God is in you, the one hurting...”
God gaan saam met jou deur die pyn.
Jou pyn is vir Hom geen geringe saak nie.

Ernest