Hoekom kan ons van hoop en pyn in dieselfde
asem praat? Ons kan omdat Jesus self deur die
mees intense pyn en lyding ooit gegaan het!
Johannes 13:1 sê: “Jesus het sy eie mense wat
in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die
uiterste toe liefgehad.” En tog, ten spyte daarvan,
sien ons:
Sy eie familie en dorpsmense het Hom nie verstaan
Nie, en Hom verwerp.
In sy grootste tye van nood was Hy alleen.
Sy dissipels slaap as Hy hulle vra om in sy nood te bid.
Judas, een van sy vriende, verraai Hom.
Wanneer Hy gevange geneem word, hardloop die
dissipels weg.
Petrus, een van sy beste vriende, maak of hy Hom
nie ken nie.
Jesus maak die allervreeslikste lyfstraf deur.
Hy hang ses uur aan die vloekhout van die kruis,
onskuldig!
Uiteindelik sterf hy vir ons sonde! Ons sonde!
En dit alles terwyl Hy ons tot die uiterste toe liefhet. Pyn!
Daarom verstaan Jesus alles van die pyne van die lewe.
Sy omgee en liefde is opreg, en daarom help Hy ons,
verseker!
Jesus se pyn, en lyding, en dood, gee vir ons
oorwinning oor pyn en lyding en dood!
Ernest