Graham Kings het oor dissipelskap gesê:
“Ek trek my skoene uit, haal my horlosie af,
sit my pen en sleutels neer, om alleen by U
te wees, Here. Nadat ek by U was, trek ek
my skoene aan om op U paaie te loop.
Ek sit my horlosie aan om in U tyd te leef.
Ek tel my pen op om U gedagtes neer te skryf.
Ek neem my sleutels om U deure vir my oop
te maak.”
Die Bybel leer ons in Efesiërs 5:16 om die beste
gebruik te maak van elke geleentheid.
Ons moet voluit leef vir die Here.
In die fliek “Dead Poet’s Society” sê die
onderwyser, John Keating, vir sy leerlinge hulle
moet die meeste uit die lewe haal:
“Boys, you should suck the marrow out of life!”
Ons moet nie een dag laat verbygaan sonder om
voluit verteenwoordigers van die Here in hierdie
wêreld te wees nie.
Ons moet die Heilige Gees toelaat om so in ons
te werk dat ons die volle potensiaal bereik
waarmee die Here ons wil gebruik.
Dit is belangrik ten opsigte van dissipelskap!
“Carpe Diem” – gryp die dag!
Elke dag is ‘n God-gegewe dag!
Leef dit vir die Here!
Ernest