Dit is merkwaardig om ten opsigte van
dissipelskap te weet: God kies jou!
Dit is nie jý wat deur ‘n groot poging
die span moet of kán haal nie.

God werk so anders as die wêreld.
Alreeds ten opsigte van die kruis en die
opstanding van Jesus Christus beklemtoon
Paulus dit in 1 Korintiërs 1:27:
“Wat vir die wêreld onsin is, het God
uitgekies om geleerdes te beskaam;
wat vir die wêreld swak is, het God
uitgekies om die sterkes te beskaam.”

Jesus kies ons. Jesus kies jou! Maak nie
saak wat die wêreld van jou dink nie.
Voor God, en vir God, het Hy vir jou
‘n plek wat net jý kan vul!
Niemand kan jou unieke plek wat God
vir jou bedoel namens jou vul nie.
Hy het jou daarvoor bedoel en geskep.
Voor jy vir enige iets anders, of iemand
anders goed was, het God jou vir Hom gekies,
en vir sy werk op aarde.
Dissipelskap is om regtig sy verteenwoordiger
in hierdie wêreld te wees.

Richard Parker sê oor dissipelskap:
“God doesn’t call people who are qualified.
He calls people who are willing, and then He
qualifies them.”
Wees gewillig en beskikbaar.
Wees dan gereed om verstom te staan oor
wat die Here deur jou doen!

Ernest