Om dissipel van die Here te wees is
ook om te weet jou hand is in die Here
se hand. Hý hou jou hand!
Dit beteken dat ons onsself moet verloor
en die mens in Christus word wat Hy wil
hê ons moet wees.
Ons moet regtig aardse dinge van ons
afgooi en die kruis opneem wat Jesus wil
hê ons moet dra.

Dit is vir ons baie belangrik om goed te voel
in hierdie wêreld. Ons praat baie oor wat geluk is.
Dit is nie wat dissipelskap beteken nie.
Larry Crabb sê hieroor:
“Om goed, en net nog beter te voel, het vir ons
baie belangriker geword as om God te ontmoet...
Ons moet die vraag vra:
Lewe ons net om goed te voel,
of wandel ons regtig saam met God?”
Kyk net hoe treffend sê Jesaja 41:13 dit:
“Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand,
Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou.”
Wandel saam met God!

Wat beteken dit om saam met God te wandel?
Ek kan dit nie beter stel as Don W. Gills nie:
“There is no substitute for the bent knee,
the surrendered heart, the open Bible,
the listening ear and the voice of the Spirit,
in discovering the will of God.”
Wandel so saam met die Here.
Hy vat jou hand. Hy sê vir jou:
Moenie bang wees nie. Hý help jou!

Ernest