Dissipels leef nie halfhartig nie,
maar heelhartig vir die Here.
Ons kan voorgee dat ons voluit vir die
Here leef, en tog is ons nie heelhartig
daarin nie, maar halfhartig.
Dit bring oneindig baie skade aan ons
getuienis en die getuienis van die kerk
in hierdie wêreld.
Die skade wat dit doen is duidelik in die
volgende verhaal:‘n Katolieke altaarseun
moes die Nagmaalbeker voor die priester
uit dra in die katedraal. Hy het per ongeluk
die beker laat val en die wyn vermors.
Die priester was woedend en het voor almal
die seun teen die kop geklap en berispe met
die woorde: “Moenie weer terugkom nie!”
Die seun het so gemaak en nooit weer sy
voete in die kerk gesit nie. Hierdie priester
het halfhartig gedien, geleef en opgetree,
sonder genade en vergifnis!
In ‘n soortgelyke situasie het ‘n ander seun
dieselfde fout gemaak. ‘n Ander priester het
in daardie situasie heelhartig vir die Here
opgetree, heeltemal anders as die vorige geval,
soos die Here wat vergewe, en herstel en genees.
Hy het die seun nader geroep en vir Hom gesê
dit gaan geen verskil maak daaraan dat hy ‘n
goeie priester sal word nie. Enige mens kan ‘n
ongeluk oorkom, of ‘n fout maak.
Die eerste seun wat deur die priester geklap was,
het opgegroei en was Marshall Toto, die diktator
en kommunistiese hoof van Joego-Slawië. Hy het
sy land vir baie jare met ‘n ysterhand regeer.
Die ander seun, van die tweede geval, het
aartsbiskop Fulton Sheen geword wat in die 1950’s
‘n geweldige positiewe effek op die mense se lewe
in Amerika gehad het.
Wanneer ons halfhartig lewe, doen dit skade aan
ons getuienis, en doen ons skade aan mense.
Wanneer ons heelhartig vir die Here leef,
verteenwoordig ons die Here en maak ons deur
sy krag impak op mense se lewe.
Die Here in en deur ons!
Ernest