Doodsberigte of geskrifte op grafte gee altyd
die jaar aan wanneer jy gebore is en die jaar
wat jy gesterf het. Met ‘n strepie tussenin.
Iets soos: 1979-2019. Wanneer jy gebore is
en wanneer jy gesterf het is om baie redes
belangrik. Maar iemand het eenkeer gesê
daardie strepie tussenin is die héél
belangrikste! Ons moet daardie lewens-streep
die heel belangrikste maak.
Keuses in ons lewe is só belangrik in terme van
die lewens-streep wat ons trek.
Kies om:
Lief te hê eerder as om te haat.
Te glimlag eerder as om te frons.
Om op te bou eerder as om af te breek.
Te volhard eerder as om op te gee.
Vir iemand te bid eerder as om die persoon
te beskinder.
Te genees eerder as om te verwond.
Te gee eerder as om te ontvang of te gryp.
Te doen eerder as om uit te stel.
Te vergewe eerder as om kwaad te bly.
Te bid eerder as om moed op te gee.
Die goeie in ander te soek eerder as om
die slegte te soek.
Mense te sien soos die Here hulle sien.
Doelbewus in die Here se teenwoordigheid
te lewe!
“God is groter as ons gewete en Hy weet
alles.” - 1 Johannes 3:20.
“Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U
aanneemlik wees, Here, my Rots en my
Verlosser.” - Psalm 19:15.
Ernest